10 Junie 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jun 6, 2024
- 7 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
10 Junie 2024.
Liewe Vriende.
“Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. ." Jesaja 40:31
Ons het 'n hoop en 'n oorwinning om te wag op die Here. Ons vind rigting, krag en vreugde wanneer ons vertroue en hoop in Hom is EN word aangespoor om geduldig te wag op die Here, te vertrou op Sy beloftes en Sy tydsberekening. In daardie wag is daar groei, leer, en 'n dieper verhouding met Hom. Selfs in tye van onsekerheid en twyfel, het die Here 'n plan en 'n doel vir ons lewens.
Ons wag nie doelloos nie, maar met hoop en vaste geloof dat die Here ons pad sal verlig en ons harte sal versterk. Mag ons gereed wees om Sy stem te hoor en Sy leiding te aanvaar wanneer die uitkoms daar is. Mag ons vry van angs en bekommeringe wees, en in plaas daarvan ons fokus en vertroue op die Here vestig.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir genade en leiding in hierdie tyd van finansiële beproewing en voorsiening met die finansiële middele wat ons benodig om al ons verpligtinge na te kom.Bid ook vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons waar ons plaaslik in Winburg betrokke is.
Hande. Ek vra vir gebed vir genesing vir my hande wat deur die uitdagings van cardio tunnel sindroom affekteer word. Dit is ‘n geweldige uitdaging om op die rekenaar se sleutelbord te werk en alles moet met die linkerhand en slegs die wysvinger van die regterhand verrig word. Die res van die regterhand is nutteloos.Cardio tunnel sindroom, ook bekend as karpale tunnelsindroom, is 'n toestand wat veroorsaak word deur die saamdruk van die middelste senuwee in die hand terwyl dit deur 'n smal kanaal in die handpalm loop, bekend as die karpale tunnel. Dit veroorsaak gevoelloosheid, swakheid en pyn in die hand, en dit kan moeilik wees om normale handfunksie uit te voer. Chirurgiese behandeling is nodig wees om die druk op die senuwee te verlig en simptome te verlig.Bid vir genesing en finansiële voorsiening om die nodige behandeling te verkry.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Palestina.Bid vir blywende vrede en geregtigheid in die Heilige Land. Bid vir ʼn einde aan die geweld. Bid vir vertroosting Baie het hul huise weens die uiters gewelddadige aanvalle verloor. Bid vir Christene in die Wesbank. Talle het weens die huidige situasie nie werk of ʼn inkomste nie. Vra God om te voorsien en dat hulle sal weet Hy versterk hulle om sout en lig te wees.
Sirië. Dank God vir die nuwe groep van 36 studente by die Geopende Deure-ondersteunde beradingskool in Sirië. Hulle wil die Christelike gemeenskap help om van hul wonde te genees. Vra God om dié studente te lei en te help om kennis op te doen wat hulle eendag kan gebruik om ʼn verskil te maak in hierdie seer nasie, wat soveel tragedies en gruweldade aanskou het. Die Sentrum van Hoop in die hawestad Latakia benodig personeel weens die toenemende emigrasiekoers in Sirië, veral onder die jonger geslag. Bid dat God onderwysers sal bring om aan dié behoefte te voldoen. Die Sentrum van Hoop bied opvoedkundige hulp aan kinders en jeugdiges. Bid dat, terwyl die soektog na onderwysers voortduur,pligsgetrou in hul studies sal wees. Ons plaaslike vennote in Sirië het onlangs ʼn kursus aangebied om getroude paartjies te help om probleme te oorkom en te leer hoe om kinders volgens Bybelse beginsels groot te maak. Bid dat deelnemers aangespoor sal word om toekomstige kursusse te lei. Bid vir die nuwe projek, “Trauma healing for children”,wat kursusgangers sal oplei om met kinders in Sirië te werk wat pyn ervaar. Bid dat die regte aansoekers gekies sal word en dat die opleiding vrugbaar sal wees. Ons plaaslike vennoot in Sirië bied steeds bedieningsopleiding vir jongmense aan. Sowat 107 studente het verlede jaar die eerste en tweede week voltooi en sal binnekort vir die derde en vierde week bymekaarkom. Bid vir goeie gesondheid en volharding vir dié studente. studente die behoefte aan onderwys sal raaksien en volhoubaarheid.
Maledive. Enige afwyking van Islamitiese waardes word maklik in die land se hegte gemeenskappe raakgesien en by die owerhede of Moslem-leiers aangemeld. Diegene wat Islam verlaat, moet dus hul geloof geheim hou. Die gevaar is só groot dat mans, vroue en kinders dalk nie eers van mekaar se geloof bewus is nie. Indien dit ontdek word, kan gelowiges van hul burgerskap gestroop word, van die samelewing geïsoleer word en hul staatsvoordele vir die oortreding van Sharia (Islamitiese wetgewing) verloor. Nie-tradisionele kerkgroepe ervaar ook teenkanting, veral dié wat in landelike gebiede geleë is en diegene wat vir evangelisasie-aktiwiteite bekendstaan. Enige afwyking van Islamitiese waardes word maklik in die land se hegte gemeenskappe raakgesien en by die owerhede of Moslem-leiers aangemeld. Diegene wat Islam verlaat, moet dus hul geloof geheim hou. Die gevaar is só groot dat mans, vroue en kinders dalk nie eers van mekaar se geloof bewus is nie. Indien dit ontdek word, kan gelowiges van hul burgerskap gestroop word, van die samelewing geïsoleer word en hul staatsvoordele vir die oortreding van Sharia (Islamitiese wetgewing) verloor. Nie-tradisionele kerkgroepe ervaar ook teenkanting, veral dié wat in landelike gebiede geleë is en diegene wat vir evangelisasie-aktiwiteite bekendstaan.
Tieners. Vra die Heilige Gees om ouers te lei om hulle ervaringe met God met hulle kinders te deel by 'n gegewe geleentheid. Bid ernstig vir ouers om die Here se aangesig te soek ten opsigte van die Godgegewe talente van hulle kinders. Vra ouers om die talente aan te moedig, selfs al verskil dit van hul verwagtinge vir hul kinders se lewens. Bid ook vir die jeug in jou stad om op God en Sy Woord te vertrou vir leiding rakende loopbaankeuses en die toekoms volgens Sy wil en doel vir hulle lewens. Bid vir 'n openbaring van God die Vader in die harte van alle ouers wie gespanne verhoudings met hul aardse vaders het. Vra die Heilige Gees om ouers te lei in hoe om hul kinders liefdevol en bemoedigend te dissiplineer. Bid dat kinders altyd geliefd en veilig sal voel, selfs wanneer hulle berispe word. Vra vir God om jeugdiges in minderbevoorregte gemeenskappe te herstel wie swak gedrag openbaar as gevolg van verbale of emosionele mishandeling. Bid vir godvresende vroue om tienermeisies op hoërskool te leer hoe om God te loof vir wie Hy hulle geskape het om te wees en om Hom te vrees (Spreuke 31:30). Bid ook dat rolmodelle van jong seuns in jou gemeenskap hulle sal lei om in die kennis van God te groei en mans na Sy se hart te word. Bid dat ouers deeglik bewus sal wees van die inhoud waaraan hul kinders op sosiale media blootgestel word en hoe dit hul konsep van uiterlike skoonheid vorm. Bid vir ouers en jeugwerkers by ontspanningsentrums om vurig te bid dat die jeug gegrond sal bly en nie deur die dinge van hierdie wêreld beïnvloed sal word nie (1 Johannes 2:15-17). Bid vir die beskerming van hawelose jeugdiges teen die genadelose werke van duisternis wat hulle lok na dwelmmisbruik, die kompromie van seksuele reinheid en wêreldse vermaak. Bid vir ouers om kinders van kleins af die waarde van ware vriendskap te leer en die belangrikste om 'n verhouding met Jesus te hê
*Name verander vir sekuriteitsredes.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
De Villiers Street, Winburg. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Bình luận