top of page

10 Julie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jul 5, 2023
  • 5 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

10 Julie 2023.


Beste Vriende.


“Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer.” {Psalm.37:5}


Moenie sonder God beplan nie. Dit lyk of God ‘n wonderlike manier het om die planne wat ons sonder Hom maak, omver te werp. Ons bevind ons in omstandighede wat God nie vir ons gekies het nie en besef dan skielik dat ons planne sonder Hom gemaak het, dat ons nie eers daaraan gedink het dat Hy ‘n noodsaaklike, lewende beplanning van ons lewe is nie. En tog, al hoe ons selfs die moontlikheid van bekommernis kan uitskakel, is wanneer ons God as die grootste en enigste faktor in al ons beplanning beskou. Dit is ons gewoonte om God eerste te stel in geestelike sake, maar wanneer dit by die praktiese alledaagse sake kom, is ons geneig om te dink dat dit onnodig is. As ons dink dat ons eers ons “geestelike gesig” moet opsit voordat ons tot God mag nader, sal ons nooit na Hom toe kom nie. Ons moet kom net soos ons is.


Moenie die bose om jou in ag neem wanneer jy beplan nie. Bedoel God regtig dat ons nie die verkeerde dinge om ons in ag moet neem wanneer ons beplan nie? Liefde bedink nie kwaad nie.{1Kor.13:4-5} Liefde is nie onkundig omtrent die bestaan van kwaad nie, maar neem dit net nie in ag as ‘n beplannings faktor nie. Toe ons nog van God geskei was, het ons die bose in ag geneem en in al ons beplanning daarmee rekening gehou. Ons het ook al ons werk vanuit daardie standpunt probeer beredeneer. Maar nou weet ons God het alle mag en gesag oor die bose en is dit geen faktor meer nie.


Moenie beplan met ‘n “reëndag” in gedagte nie. Jy kan nie dinge vir ‘n reëndag opgaar as jy werklik op God vertrou nie. Jesus het gesê: “Julle moet nie ontsteld wees nie”{Joh.14:1} God die Vader sal nie verantwoordelikheid neem om te sorg dat jy nie ontsteld is nie. Nee, dit is die opdrag: “Julle moet nie ontsteld wees nie”. Om by daardie punt te kom moet jy SELF opstaan, selfs al val jy honderde kere per dag, totdat jy in die gewoonte kom om God eerste te stel en jou planne te beraam met HOM voorop in jou gedagtes en lewe.

Gebed: Vader help my om in alles U eerste te stel en dat U my sake beplan en ek net daarby sal inval, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914

There is nothing, naturally speaking, that makes us lose heart quicker than decay—the decay of bodily beauty, of natural life, of friendship, of associations, all these things make a man lose heart; but Paul says when we are trusting in Jesus Christ these things do not find us discouraged, light comes through them. – Oswald Chambers

Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Hande.Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Malawi. Die 18de Augustus is die begin van Malawi-19 uitreik tot 30 Augustus. Bid asseblief vir hierdie uitreik.

  6. Laos. Bid vir die Heilige Gees se leiding en geestelike krag vir gelowiges wat deur hul families verstoot word. Mag die Here vir hulle ʼn geloofsgemeenskap gee om hulle in hul pad met God te help groei.

  7. Nigerië. Bid dat God in die harte van die geweldplegers sal ingryp om hul sondes te bely en berou te toon. Bid vir die volgehoue beskerming van gelowiges.

  8. Saoedi-Arabië. Saoedi-vroue word al lank onderdruk en as minderwaardig teenoor mans behandel. Bid dat Saoedi-gelowiges die waarheid sal verstaan oor die manier waarop God mans en vroue geskep het.

  9. Tunisië. Ali* is ʼn gelowige in Tunisië wat in sy geloof alleen voel. Bid asseblief dat hy ander gelowiges sal teëkom om hom te bemoedig en met wie hy kameraadskap kan deel.

  10. Maledive. Die Maledive-regering het die ekstremistiese invloed in tronke begin monitor en navorsing toon dat tronke die perfekte broeiplek vir terrorisme is. Bid dat die regering dié situasie sal aanspreek alvorens dit eskaleer en dat God se Waarheid gevangenes in die tronk sal bereik.

  11. Ethiopië. Wanneer mense tot bekering kom, neem die druk vinnig toe. Hulle het hoop, Bybelkennis en ondersteuning nodig om die druk te weerstaan. Bid dat ons al dié nuwe gelowiges in vennootskap met die plaaslike Kerk sal kan bereik.

  12. Indië. Bid vir stamgordelstreke waar Ghar Wapsi (kragtige omskakeling na Hindoeïsme) aan die orde van die dag is. Bid vir krag vir gelowiges en ʼn meer toegeeike samelewing.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


















Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry



P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page