10 Januarie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 6, 2022
- 5 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
10 Januarie 2022.
Liewe Vriende.
Ons is in ‘n Nuwe jaar aan die einde van ‘n deurmekaar en uitdagende jaar. Baie van ons vriende, familie in Christus, kennisse en vele ander was deur die loop van 2021 baie siek met Covid. Sommige is as gevolg hiervan al huistoe, maar ongelukkig is nie almal se eindbestemming dieselfde nie. Totaal voortydig het ons gedink toe ons die skokkende nuus ontvang. Ek is seker jy kan ook hiermee assosieer.
2022 voel beide ek en Esther dat Vader nuwe deure gaan oopmaak en die bediening gaan seën. Daar gaan twee reise hierdie jaar onderneem word. Die logistiek is nog onbekend maar Vader sal later die plan gee. In April 2020 met die begin van die pandemie was ons bekommerd, maar Vader het dit vir my duidelik gemaak in my stiltetyd met Hom dat Hy reeds betroubare werkers rondom my opgerig het wat my hande omhoog sal hou en dat die werk sal voortgaan.
Die Afrika Span het in die pandemie tydperk vanaf April 2020 begin insiatief neem het en gebeur waarvoor ons al nege jaar voor BID, naamlik dat hulle Self die opleiding en konferensies aanbied en die logistiek reël. In 2020 was daar uitdagings en groei pyne maar in 2021 het die span weg getrek met ‘n vaart en het die Afrika Bediening Gegroei en verskeie positiewe terugvoer is ontvang naamlik Geoffrey het Tanzania By die lys van lande gevoeg waar ons betrokke is en het hy self die koordinering en Netwerk gedoen. Moses koordineer Kenya tesame met Malawi, Alex in Kenya het ons gehelp met netwerk in Uganda en is Uganda ook op die lys gevoeg, Xavier in Mosambiek het die opleiding toe nuwe hoogtes geneem daar en so kan ons aanhou en aanhou praat oor die Goedheid en Guns van Vader! Dankie vir leiers wat Vader se Stem hoor.
Vir 2022 wil ons meer plaaslik in ons omgewing betrokke raak met hulp verlening projekte, berading en ‘n manne bediening. Daar is ‘n groot behoefte onder die manne vir mentors asook om net saam met ander manne te bid en te fellowship. As manne saam bid en fellowship dan kom daar restorasie en seën.
Die bestaande sosiale media, e-pos en internet bediening gaan voort en word daagliks terugvoer en getuienisse ontvang en GROEI hierdie bedieninge met rasse skrede.
Spesiale woord aan ons FINANSIËLE DONATEURS.
Hierdie Woord is Spesiaal gerig op ons FINANSIËLE DONATEURS in Deo Volente Sending. Jy is deel van ‘n WONDERWERK-SPAN in JESUS Naam. Die GUNS van GOD gee aan jou ‘n VOORSPRONG bo jou gelykes. Jou VOORSIENING kom uit ONVERWAGSE BRONNE. Die Gees van VERMENIGVULDIGING rus op jou LEWE en FINANSIES. Dit SNEEUBAL radikaal. Goddelike MOMENTUM is aan die werk. GOD werk tot jou VOORDEEL selfs wanneer jy slaap. Jou WONDERWERK-SAAD lewer vir jou ‘n WONDERWERK-OES op wat vriend en vyand sal verbaas. Dis jou DEURBRAAK-JAAR in JESUS Naam, amen.
Gebed : Dankie Vader dat U ons ‘n nuwe jaar geskenk het en nog ‘n geleentheid om vir U te arbei. Maak ons werkers wat in opregtheid, nederigheid en regverdigheid die sending taak volbring, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Afrika Bediening Span. Bid vir die Afrika bediening span, koordineerders en hulle gesinne en kinders. Dra elkeen aan die Here op vir beskerming, gesondheid, bediening en voorsiening. Bid vir Geoffrey Mputa, Raphael en Sofie Zimba, Moses en Grace Chikita, Precious en Annie Mokala, Fredson, Gloria, Jackson en Edith Dimba, Richartd Opiyo, Alex Masika, Vincent Thembeviro, Frederick Kasese, Fred Mbewe, Xavier en Mariana Simango, Anastancio en Betty Tivane, John Nell, Jonas Marovele en Foster. Elkeen het ‘n spesiale gawe en is “handpicket” deur die Heilige Gees vir die bediening span.
Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. My regterhand het geen gevoel en belemmer dit die werk op die rekenaar.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Sentraal-Asië. Adil* (20) is vervolg, geslaan en verwerp oor sy geloof. Ten spyte van alles wat met hom gebeur het, wil hy die Kerk dien. Bid vir ʼn geleentheid vir hom om vaardighede in ʼn beroep te kry en wysheid oor wat God se planne vir sy lewe is.
Libanon. Waar jy ook al gaan, hoor jy dat daar nie middels soos brandstof, elektrisiteit, medisyne en geld is nie. Maar daar is steeds opgeleide mense, kinders en jeug wat bereid is om te leer. Bid vir mense se vindingrykheid om herstel en gebruik te word om die aaklige situasie in Libanon om te keer.
Broenei. Lily*, ʼn gelowige en leier van ʼn plaaslike kerk in Broenei, ervaar die impak van onenigheid. “Onenigheid beteken dat almal ly onder vertraagde besluite, moedeloosheid, verdedigendheid en hopeloosheid,” sê Lily. Bid vir eenheid, vergewensgesindheid en samewerking in haar kerk.
Irak. Bid dat die Kerk, wat sedert Jesus se dissipels se tyd in Irak is, sal voortgaan met hul ewigheidsboodskap. Bid ook vir die jongmense wat in die voetspore van Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego volg, om hulle heel beste vir die land te gee.
Tunisië. Emina* kan nie meer by haar huis bly nie. Sy word nou deur ander gelowiges versorg. Bid dat haar situasie sal verander en beter sal word.
Libië. Verskeie jong Moslem-mans het Ahlem* se familie genader om met haar te trou. Sy wil egter nie met ʼn ongelowige trou nie. Bid dat God haar hartsbegeertes sal vervul met die regte man.
Nigerië. Sedert November 2020 het ʼn nuwe vlaag militante Fulani-aanvalle gelowiges ontwortel en Christene uit dorpies in die Middel-Belt laat vlug. Covid-19 maak die lewe nog moeiliker vir dié wat ontwortel is, met talle mense wat geen slaapplek het nie. Bid dat die Here in die behoeftes van diegene wat ontwortel is, sal voorsien.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:
https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments