10 Februarie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Feb 9
- 7 min read

10 Februarie 2025.
Liewe Vriende.
“Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed … Hy het dit gedoen om jou te leer dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom” (Deut 8:3).
Moses roep hier die volk op tot gehoorsaamheid. Hy vertel vir hulle dat hulle altyd moet onthou hoe God vir hulle gesorg het toe hulle deur die woestyn geswerf het. Juis as gevolg van hulle swaarkry in die woestyn het God vir hulle geleer hoe om Hom te gehoorsaam. Hy het hulle in die woestyn op ’n wonderlike manier versorg en hulle van kos en water voorsien. Nou staan hulle op die drumpel van die beloofde land en ook hier onderneem God om hulle te help en vir hulle te sorg.
In die woestyn moes die volk leer dat alles nie altyd uitwerk soos húlle beplan het nie. Omdat hulle ongehoorsaam was, duur die woestynreis veertig jaar lank. Dit kon nie vir hulle maklik wees nie, tog gebruik God hierdie stuk swaarkry ten goede in hul lewe –hulle leer sy versorgende liefde veel beter ken as wat die geval sou wees as die reis net ’n kort rukkie sou duur.
In jou eie lewe verloop dinge óók nie altyd soos jy graag wil hê nie, tog kan God rampe gebruik om jou meer van Hom te leer, en jou ’n gehoorsamer kind van Hom te maak. Dit is veral in negatiewe situasies dat jy God se liefde en sorg vir jou op ’n nuwe manier ervaar.
Gebed: Here, dankie dat ek weereens kon besef dat U vir my sorg wanneer dit moeilik gaan, én dat die stuk swaarkry van die oomblik my leer om aan U gehoorsaam te wees, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
AFGANISTAN. Al die gelowiges in Afganistan is geheime Christene wat hul lewens waag om Jesus te volg en die Evangelie te deel. Vra God om hulle te beskerm. Dit is onmoontlik vir hulle om openlik as volgelinge van Christus te lewe. Bid dus saam met ons dat die Here sy seuns en dogters sal beskerm en bewaar. Bid dat God die Taliban se harte sal aanraak en verander, al gaan hulle voort met hul brutale regime. Bid dat hierdie militante groepe die waarheid van Jesus se liefde, krag en hoop sal raaksien. Bid dat die gelowiges in tronke beskerm en bevry sal word. Bid vir Mohammad*, ʼn Afgaanse gelowige, wat aanlyn-vertalingswerk van die Bybel doen. Hy het in Afganistan ʼn Christen geword en het met verskeie ondergrondse kerke gewerk, maar het intussen uit die land gevlug. Bid dat Mohammad en sy werk vrug sal lewer.
INDIË. Prys God vir die bemoedigende verkiesingsresultate in Indië. Vra Hom om te help dat die nuwe koalisieregering die regte van alle Indiërs, insluitende Christene, sal beskerm.Bid vir Deepak, ons broer in Oos-Indië, wat uit Hindoeïsme na Christus bekeer is. Sy gemeenskap vermy hom weens sy geloof. Soos Deepak vra, bid vir sy ouers sodat hulle ook Christus kan leer ken en gered kan word. Soos wat Indiese state hul anti-bekeringswette al strenger toepas, bid dat huiskerkleiers nie aangeval of in hegtenis geneem sal word nie. Vra God om hul swaard en skild (Efesiërs 6) te wees.
SIRIË. Om Jesus in Sirië te volg, beteken om meer as ʼn dekade se amper konstante uitdagings, soos Islamitiese ekstremisme, oorlog, natuurrampe en konstante ekonomiese spanning, te konfronteer. Bid dat God die vrede wat net Hy kan bring, sal gee.Bid vir ons suster Norma*,ʼn Siriese vrou in haar 40’s. Sy en haar span bedien hawelose kinders, bedelaars en weeskinders deur met hulle oor God se liefde te gesels. “Ons vra dat julle vir ons beskerming en veiligheid sal bid,” sê Norma, “vir seën op ons bediening en vir die volwassenes en kinders wat ons ontmoet.”Bid vir Geopende Deure se plaaslike vennote in Sirië wat gelowiges bedien. Bid dat hulle krag en energie sal ontvang om aan te hou om God se mense te bemoedig en die pad saam met hulle te stap.
SAOEDI-ARABIË.Daar is geen wettige kerke in Saoedi-Arabië nie, behalwe sommige kerke wat toegelaat word in woongebiede waar nie-Saoedi-inwoners bly.Bid vir geleenthede vir die gelowiges om saam te aanbid en in hul geloof te groei.Bid vir buitelandse Christene wat in die geheim ontmoet. Vra God om hul byeenkomste te beskerm en hulle te help om hul geloof in wysheid en dapper gehoorsaamheid uit te leef.Bid vir die Christene wat hulself daaraan toewy om mense in Saoedi-Arabië te bereik deur aanlyn bediening, in-persoon ontmoetings of ander kanale soos die televisie. Vra God om hul pogings te seën.
MALI. Daar is baie aktiewe ekstremistiese groepe in Mali, insluitende groepe wat met Al-Qaeda en die Islamitiese Staat geaffilieer is. Bid dat God die gelowiges sal troos en beskerm wat deur hierdie groepe geteiken en gewelddadig aangerand word.Bid spesifiek vir die plaaslike Geopende Deure-vennote in Mali, wat probeer om gelowiges te versterk wat geliefdes en hul huise in ekstremistiese aanvalle verloor het. Here, gee asseblief onderskeidingsvermoë en moed aan ons vennote, wat so baie waag om U mense te bedien. Waar die militêre junta steeds oor die politieke mag in Mali beskik, bid dat God aan die inwoners van Mali krag, hoop en stabiliteit sal gee – en dat wie ook al in beheer is, hulle sal beywer vir godsdiensvryheid.
ALGERIË. Omtrent al die Protestantse kerke in Algerië is al gedwing om toe te maak of vrees dat hulle een van die dae sal moet toemaak. Bid saam met die kerkleiers dat God sal toelaat dat hierdie plekke van aanbidding oop bly. Dit is baie gewaagd om jou geloof in Jesus met ander mense in Algerië te deel – dit is onwettig om “ʼn Moslem aan sy geloof te laat twyfel”. Vra God om vir sy mense wysheid en moed te gee en dat Hy hulle sal beskerm wanneer hulle hul geloof deel. Bid dat elke gelowige in Algerië ʼn Christen-gemeenskap sal vind waar hulle die samesyn van gelowiges sal ervaar en in hul geloof kan groei.
EWIGE SAKE IN PLAAS VAN WÊRELDSE. Ons raak maklik besorg oor materiële besittings, persoonlike gewin en aardse plesier. In plaas daarvan moet ons fokus op ons verhouding met God, innerlike karakter en ewige waardes. Bid en vra die Heilige Gees om jou hart aan te wakker om na Hom te verlang, om tyd in die teenwoordigheid van God deur te bring eerder as saam met die wêreld (1 Johannes 2:15).Bid dat die Woord van God ryklik in jou sal woon en jou sal onderrig in die wysheid van God. Dank God dat Hy die bron van alle geestelike seëninge is. Vra Hom om jou te leer om die ewige skatte van Sy koninkryk bo die tydelike dinge op aarde te waardeer.
Afrika Uitreike. Ons as gesin gaan hierdie jaar op twee Afrika besoeke. Die logistiek is ingewikkeld en Esther, Simeon en Joshua kort nuwe paspoorte. Bid asseblief saam vir voorsiening asseblief.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comentários