top of page

10 April 2023. Paas Boodskap en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Apr 6, 2023
  • 7 min read

HY het waarlik opgestaan.


10 April 2023.


Beste Vriende.


“Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek” (Luk 24:5-6).


Die wonder van die opstanding van Jesus uit die dood kan ons nie verklaar nie. Niemand wat al werklik dood was, drie dae dood was, het nog ooit herleef om daarna vir ewig te leef nie. Selfs Lasarus wat deur Jesus self opgewek is, sou later weer sterf. En tog het dit een keer gebeur!


Die engel het vir die vroue by Jesus se graf gesê: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” Amper verbaas. Asof hulle wou sê: Hy is (mos) nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek (Luk 24:5-6). Om dit te glo, om daarvan te getuig, is die beste wat ons kan doen. Jesus Christus het waarlik opgestaan


Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. Matteus 28: 5-7


As daar 'n bewys is dat Jesus Christus waarlik ons Ewige Koning is, is dit die feit dat Hy uit die dood uit opgestaan het. Hierdie is 'n aanduiding van Jesus Christus se finale oorwinning oor die sonde en die dood. Die heerlike vertroosting is dat elke Christen vandag in hierdie wonderlike oorwinning deel.


Vier vroue wou Jesus se liggaam nog verder gaan balsem en het die Sondagmôre vroeg na die graf gegaan. Hulle het gewonder hoe hulle die groot rots van die ingang sou wegkry (Markus 16:3). Opmerklik dat hulle nog nie geglo het dat Jesus sou opstaan nie, alhoewel Jesus dit so duidelik aan hulle verkondig het. (Matteus 16:21; 17:23; 20:19; 26:32) Maar nou het hulle by die graf gekom en gehoor dat Jesus Christus opgestaan het.


Hoekom is die opstanding so belangrik?


1) Dit bewys dat Jesus God se Seun is.


Jesus het self bevestig dat Hy sy lewe kan neerlê en weer opneem. Joh 10:17-18 "Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het."


2) Dit bevestig die waarheid van die Skrif.


Beide die Ou Testament en Jesus se onderrig bevestig dat Hy sou opstaan. Ps 16:10; 110:1 "U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie."


3) Dit verseker elke Christen van sy/haar opstanding.


1 Tes 4:13-18 "Omdat Jesus opgestaan het uit die dood sal elkeen wat in Hom glo en in Hom sterf net so uit die dood uit opstaan".


4) Dit is die bewys van die toekomstige oordeel.


Hand 17:31 “want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”


5) Dit is die basis van Christus se hemelse Hoëpriesterskap.


Jesus is ons Voorspraak en Hy pleit vir ons nou by die Vader. (Heb 7:23-28).


6) Dit gee krag vir die Christelike lewe.


Romeine 6:4 “Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei."


7) Dit verseker ons toekomstige erfenis in die hemel.


1 Petrus1:3-5 “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.”

Jesus Christus het waarlik opgestaan. Hy het vir my en jou opgestaan.


’n Treffende illustrasie hiervan vind ons in die verhaal wat in ’n Russiese dorpie afgespeel het. Ná die Bolsjewistiese Revolusie is die plaaslike leier van die Kommunisteparty gestuur om die mense van die dorpie te oortuig van die deugde van die Kommunisme. Hy moes sy bes doen om hulle aandag weg te lei van die godsdiens wat Karl Marx “opium vir die volk” genoem het. Nadat die Kommunis hulle byna twee uur lank vurig toegespreek het, sê hy ewe minagtend vir die plaaslike Christelike leraar: “Ek sal jou vyf minute gee om hierop te antwoord.”


“Ek het nie vyf minute nodig nie,” was die leraar se antwoord, “vyf sekondes sal genoeg wees.”


Daarop gaan staan hy op die verhoog en gee hierdie opstandingsgroet: “Die Here het opgestaan.” Soos uit een mond het die dorpenaars gebulder: “Hy het waarlik opgestaan!”


Só het die vroeë Christene mekaar gegroet. Só het hulle teenoor die wêreld getuig. Want so ís dit. Niemand wat al werklik dood was, het nog ooit herleef om daarna vir ewig te leef nie. Behalwe Jesus.


Gebed: Jesus, ek dank U dat ek vandag my broers en susters in u Naam, die Naam van die Lewende, kan groet en kan getuig U het waarlik opgestaan, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Gesinsdag. Talle van ons vervolgde broers en susters is deur hul families verstoot of het geliefdes weens hul geloof aan die dood afgestaan. Bid dat hulle, as gelowiges van een Liggaam, daaraan herinner sal word dat hulle ʼn familie in Christus het wat vir hulle bid en lief is.

  6. Ontwortelde gelowiges. Bid vir gelowiges wat weens oorlog en vervolging uit hul huise moes vlug en hul lewensbestaan en alles wat hulle ken, moes agterlaat. Bid dat God aan hulle sal voorsien, sal herstel wat hulle verloor het en hulle sal seën terwyl hulle nuwe lewens probeer opbou.

  7. Christenskap in skole. Baie skole wêreldwyd verbied Christenskap. Bid dat Christelike onderwysers en kinders hul geloof met vrymoedigheid sal uitleef, nie skaam sal wees vir die Evangelie nie en dat talle van hul maats hierdeur die liefde van God sal leer ken.

  8. Regerings van vervolgde lande. Bid dat die Heilige Gees die harte van die owerhede sal verander in lande waar Christene deur hul gesinne, gemeenskappe en regerings vervolg word. Bid dat hulle genade sal betoon teenoor Christene en ander godsdienstige minderhede.

  9. Kommunikasiekanale. Bid vir meer maniere om oor die vervolging van Christene te praat sodat ʼn groter bewustheid oor hul omstandighede geskep kan word. Bid vir moed en beskerming vir diegene wat bewustheid oor die realiteit van Christelike vervolging skep.

  10. Natuurrampe wêreldwyd. Bid vir die voorsiening en herstel van ʼn lewensbestaan vir talle vervolgde gelowiges wat die afgelope jaar deur natuurrampe geraak is. Bid veral vir diegene wat weens hul geloof noodleniging deur die owerhede geweier is.

  11. Plekke van aanbidding. Afgesien van kerkbyeenkomste, moet talle vervolgde gelowiges kreatief wees met waar hulle bymekaarkom om God te aanbid. Vra God se beskerming oor die plekke van aanbidding. Bid vir moed en wysheid vir diegene wat toesig hou oor hierdie plekke van aanbidding.

  12. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R721.80 per sessie kos en moet vier sessies per maand gedoen word. Tans laat ons net Joshua die terapie doen a.g.v. kostes, bid asseblief saam vir voorsiening sodat Simeon ook die terapie kan doen want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.




















Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page