top of page

1 November 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke

  • Writer: missions3
    missions3
  • Oct 25, 2021
  • 5 min read

Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.



Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


1 November 2021.


Liewe Vriende.


"Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. "Psalm 50:14-15


Die tye waarin ons leef is daar geweldige moeilike tye.


Finansieel gaan dit swaar en ons sukkel om kop bo water te hou. Werkloosheid neem toe en broodwinners word pakette aangebied. Die druk wat op die samelewing geplaas word is baie stresvol. Mense ervaar soveel spanning en druk binne beroepe.


Almal moet presteer. Tieners en kinders lei 'n abnormale spanningsvolle lewe. Niks is meer soos dit 40 jaar gelede was nie. Jongmense word daagliks aan versoekings blootgestel. Moeilike tye bring ook geleenthede wat jy kan gebruik. Sien dit raak en verander jou lewe. Sien geleenthede raak en bring verandering in jou medemens se lewe. Dit is soms die kleiner dingetjies wat alles die moeite werd maak!


Gebruik elke moeilike situasie om jou God te vertrou. Bid vir 'n antwoord en glo dat God, wat die Skepper van die hemel en die aarde is, jou lewe kan verander.


Net die verandering wat God bring, is blywend!


Gebed: Almagtige God en Hemelse Vader. In die Naam van Jesus vra ek U vandag om saam met my hierdie moeilike situasies te oorkom. Gee dat ek elke geleentheid wat U op my pad sit, kan gebruik om 'n positiewe verandering te bring. Op U vertrou ek! Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Road Trip-Pretoria. Esther se moeder is nie wel nie na ‘n ligte beroerte aanval. Ons beplan ‘n rit na Pretoria vanaf Somerset Wes en terselfdertyd na Nelspruit.Witrivier. Tans is dit ‘n groot geloof saak. Bid asseblief saam vir die logistiek, reëlings en voorsiening vir die reis en besoeke.

  2. Uganda. Sedert die dood van haar Moslem-man in 2016, leef Anandi* onder God se genade. Haar Christen-familie het haar en haar jong dogter verwerp omdat sy met ʼn Moslem getrou het. Bid dat Anandi en haar dogter God sal leer ken as hul enigste voorsiener en beskermer.

  3. Zanzibar. Rosa* verkoop vars produkte vanaf hul grond. Moslems in hul gemeenskap weier egter om haar onderneming te ondersteun. Vroeër vanjaar het ʼn groep Moslems hul vrugtebome verwoes en 30 van hul hoenders gesteel. Bid dat die Here Sy guns aan Rosa en haar onderneming sal bewys, sodat dit ʼn manier vir haar sal word om die Evangelie te deel ondanks teenkanting.

  4. Colombië. Fasiliteerders is ons stem in Colombië. Hulle is pastore wat kontak maak met kerke in hul streke, en ons dan inlig oor enige moeilike situasie wat ʼn kerk of pastoor ervaar. Bid dat God hierdie pastore en hul families sal bystaan, en dat Hy in al hul behoeftes sal voorsien terwyl hulle die Kerk dien.

  5. Irak. Prys die Here vir die Kerk in Irak en die manier waarop dit mense bystaan, asook vir mense in Irak wat uiters toegewyd is en, ondanks alles wat hulle deurgemaak het, nie opgee nie. Bid dat God sal aanhou om die Kerk in Irak by te staan terwyl hulle Christus se lig te midde van probleme laat skyn.

  6. Libanon. Daar gaan selde ʼn dag in Libanon verby sonder slegte nuus, wat hierdie bevolking laat hoop verloor. Bid vir die mense van Libanon, dat hul harte van haat na liefde sal verander en dat gelowiges aan die hoop in Christus sal vashou ondanks hul omstandighede.

  7. Bhoetan. Hoewel daar geen druk van die regering is nie, ontmoedig die dorpsleiers in landelike gebiede mense onder die voorwendsel van Covid-19 om bymekaar te kom en te bid.Bid dat die gelowiges in staat sal wees om bymekaar te kom en saam te bid, terwyl hulle die Covid-19-protokol nakom.

  8. Mianmar. Bid vir gelowiges wat die vervolgings-voorbereiding-opleiding van Geopende Deure bygewoon het. Bid dat hulle dit wat hulle geleer het, sal kan toepas en die lesse met ander gelowiges kan deel, veral gedurende hierdie uitdagende tyd in dié land.

  9. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  10. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  11. Bediening. Daar word daagliks bedien op verskeiem sosiale media platforms en die internet en e-pos waar 4533 Leiers daagliks bedien word. Plaaslik word ook uitgereik na hulpbehoewendes waar ons help met kos, klere, lugtyd en koopkrag elektrisiteit en word na 180 persone maandeliks uitgereik. Bid asseblief vir wysheis, openbaring kennis, onderskeiding en krag en uithouvermoeë. Dit is ‘n uitputtende daaglikse taak.

  12. Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders. Ek was in Februarie 2020 laaste in Afrika op ‘n uitreik en in Zambia. Die geslote grense en pandemie het veroorsaak dat daar nie gereis kan word nie. Die koordineerders moet nou SELF die opleiding en uitreike behartig sonder die span van Suid Afrika. Malawi, Mosambiek en Kenya het met 100% gegroei en die span kwyt hulle werklik goed van die sendingtaak, maar Zimbabwe, Uganda en Zambia sukkel sonder die SA Span en sal moet besoek word binnekort. Bid vir oop deure asseblief.

  13. Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en moet nou vervang word. Omrede ons finansiële posisie kan ons nie ‘n lening by banke bekom nie. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.


Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 078 674 6125.


For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.

 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page