1 Mei 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke
- missions3
- May 2, 2023
- 5 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
1 Mei 2023.
Beste Vriende.
“En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die HERE het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron. En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet. Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon. Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het, stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het. Mag die HERE julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het. En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf. ” {2 Samuel 22:1-7}
As jou lewe in gevaar is, het jy 'n skuilplek nodig waar jy veilig kan wees. Dawid het dit maar te goed geweet. Hy moes immers baie kere in sy lewe vlug vir mense soos Saul en sy seun Absalom. In hierdie proses het Dawid elke keer by die regte Persoon ’n veilige hawe gevind, naamlik by God self. In sy nood het hy tot God geroep en God het hom gehelp. Daarom kon Dawid vol vertroue sê: “Met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie” (22:29).
Die Here is die enigste veilige plek om te gaan wegkruip in die dag van onheil. Hy is die enigste redder wanneer gevaar dreig. Al bewe jou knieë, weet dan dat die Rots op wie jy bou nooit wankel of bewe nie. Staan vas. Staan sterk. Skuil net by God. Hy is jou bewaarder. Hy raak nooit moeg nie. Nooit word Hy vaak nie. Hou maar net vas aan die Here. Verklaar Hom tot jou enigste skuilplek. Kruip weg in sy magtige hande. Neem jou sitplek in aan sy voete. Skuil daar in donker dae, maar ook wanneer die son skyn.
Bly altyd by die Here. Dit is die heel beste plek om te wees. Dit is die veiligste plek in die ganse heelal.
GEBED: Here, U alleen is my wegkruipplek in onseker tye en gevaar, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar.
BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Gesinsdag. Talle van ons vervolgde broers en susters is deur hul families verstoot of het geliefdes weens hul geloof aan die dood afgestaan. Bid dat hulle, as gelowiges van een Liggaam, daaraan herinner sal word dat hulle ʼn familie in Christus het wat vir hulle bid en lief is.
Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.
Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.
Finansies. Bid vir voorsiening om al ons maand-eind verpligtinge na te kom. Tans ontvang ons net 30% van ons maandelikse begroting. Bid dat God nuwe ondersteuners vir ons sal opwek en dat mense ons nie sal vergeet nie. Bid dat God mentors stuur om ons hande hoog te hou in die bediening.
Werkersdag. Vandag vier talle nasies werkers se regte. Ons by Geopende Deure onthou ons werkers en vennote wat hul lewens waag om die vervolgde Kerk te dien. Bid dat God hulle sal seën terwyl hulle vervolgde gelowiges ondersteun
Bhoetan. Monitering is meer intens as voorheen in Bhoetan, met kerke wat nou gedwing word om byeenkomste te staak omdat hulle daarvan verdink word dat hulle mense tot die Christendom bekeer. Bid vir die beskerming van Christene wat vir kerkdienste bymekaarkom.
Iran. Iraniërs is al vir baie maande aan onrus blootgestel. Betogings duur voort ondanks die risiko van arrestasie, marteling en selfs teregstelling. Bid dat God diegene sal vertroos wat geliefdes tydens dié ontwrigting verloor het.
Egipte. Rania* plaas alles op die spel om Jesus in haar streng Moslem-gemeenskap te volg. Bid dat God haar en ander gelowiges soos sy sal seën om sout en lig vir hul gemeenskappe te wees en lewens deur God se krag te verander.
Afrika-wêrelderfenisdag. Vandag vier ons die kulturele en natuurlike erfenis van Afrika. Bid vir ons vasteland en ons geloofsfamilie in Afrika wat weens hul geloof vervolg word. Bid dat die Goeie Nuus oor ons kontinent sal versprei om Satan se leuens te verdryf.
Libië. Dit is riskant vir mense in Libië om uit te reik en vervolgde gelowiges te help. Bid vir die beskerming van goedgesinde mense wat hulle probeer ondersteun.
Marokko. As ʼn oorwegende Moslemland, het baie Marokkane nog nooit die Evangelie gehoor nie. Sami* deel egter die Evangelie met vrymoedigheid met mense. Bid vir die vrugte van sy toewyding en veiligheid.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments