1 Augustus 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jul 31, 2022
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
1 Augustus 2022
Liewe Vriende
“Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”(Rom 12:17-18).
Vergelding is die manier waarop jy ander dwing om te betaal vir die skade wat hulle jou aangedoen het. Jy kan jou vergeldingsdrang op verskillende maniere tot uitvoering bring. Jy kan 'n beskaafde regsprosedure volg (wat jou goeie reg is), of jy kan die reg in eie hande neem en die lewe vir jou teenstander onaangenaam maak. In alle gevalle beantwoord jy dan 'n slegte daad met 'n slegte daad. Probeer eerder om teenoor alle mense goedgesind te wees. Probeer altyd eers die roete van omgee, begrip en moontlike versoening volg. Kry daardie wrewelrige drang na vergelding uit jou sisteem. Dit vergiftig jou net.
Paulus stel 'n positiewe ingesteldheid voor: Lewe in vrede met alle mense. Ja, goed, dit is natuurlik nie altyd moontlik nie. Daar kom tye dat die ander party nie wil toelaat dat die kloof oorbrug word nie. Daarom sê Paulus "as dit moontlik is" en "sover dit van julle afhang". Maar jy moet toegee dat dit dikwels moontlik is om die kloof te oorbrug en dat dit dikwels van jóú afhang . Is jy bereid om eerder vrede te soek as vergelding?
Wat maak jóú gelukkig: vergelding of vrede?
Gebed: Here, gee my die genade om eerder vrede te soek as om vergelding te bly eis< Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Gelowiges wêreldwyd.Bid dat God ons geloof sal versterk sodat ons voertuie word om Sy liefde en barmhartigheid te deel. Bid dat ons van Sy genade kan getuig terwyl ons by vervolgde gelowiges wêreldwyd staan.
Wêreldleiers. Bid dat wêreldleiers besluite in belang van hul landgenote sal neem, ongeag van hul geloof. Bid dat harte na die Here sal draai in ooreenstemming met Sy wil.
Vervolgde mans wêreldwyd. Bid dat mans in die vervolgde Kerk hul rol in Christus en huishoudings sal verstaan en in Sy weë sal wandel.
Vervolgde vroue wêreldwyd. Bid dat God die harte en geloof van vervolgde Christenvroue sal bewaar. Bid dat die Here hulle beskerm en hulle Sy beloftes omarm.
Kinders wêreldwyd. Bid vir die beskerming van kinders en dat ongelowiges gelei sal word om Sy waarheid te leer ken. Bid dat gelowiges hul ouers se leringe sal onderhou en volgens Goddelike voorskrifte leef.
God se vervolgde volk. Bid dat God Sy vervolgde kinders wat seerkry, sal heelmaak en seën. Bid dat hulle Hom sal volg en Sy beloftes in tye van benoudheid aangryp.
Geheime gelowiges. Bid dat God geheime gelowiges sal beskerm wanneer hulle vir lofprysing bymekaarkom. Bid dat dié broers en susters sal onthou dat ons een in Christus is
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërder Kuda en sy span.
Bediening. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige aanvalle op ons finansies, persoonlik en gesondheid en het u GEBED baie nodig.
Maand-Einde. Bid asseblief vir voorsiening en nuwe ondersteuners vir die bediening. Tans word nie eens 50% van ons maandelikse begroting ontvang nie. Verskeie projekte is “op hold” en ander kan nie behoorlik funksioneer nie a.g.v. ‘n gebrek aan fondse.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Absa Bank, Branch: 632 005, Account: 93-6104-5805.{J.Lourens}{Help Account}
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:
https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments