1 April 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Mar 30, 2024
- 5 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
1 April 2024.
Beste Vriende.
"En op die eerste dag van die week kom Maria Magdalena vroeg, terwyl dit nog donker was, na die graf en sien dat die steen van die graf af weggerol is." - Johannes 20:1
In die stilte van die vroeë oggend op die eerste dag van die week, kom ons voor die graf, waar die steen weggerol is. Hierdie gebeurtenis van die steen wat verskuif is, is die begin van 'n grootse wonderwerk, 'n bewys van die oorwinning oor die dood en dat Jesus Christus LEEF en waarlik OPGESTAAN het!
Die opstanding van Jesus Christus is 'n werklikheid wat ons vandag nog ervaar. Dit is die kern van ons geloof, die belofte van verlossing en ewige lewe vir almal wat in Hom glo.
Laat ons nie vergeet nie dat die opstanding nie net 'n gebeurtenis was vir die dissipels en Maria Magdalena nie, maar vir ons almal. Dit is 'n boodskap van hoop en verlossing vir die hele mensdom. Dit is deur hierdie opstanding dat ons die belofte van 'n nuwe begin ontvang, selfs te midde van donkerheid en moeilikheid.
Gebed:
Here God, ons dank U vir die wonder van Jesus se opstanding uit die dood. Laat ons harte verlig word deur die waarheid van sy opstanding en die hoop wat dit bring in ons lewens. Mag ons nooit vergeet hoe groot U liefde vir ons is nie, en laat ons leef in die lig van hierdie waarheid elke dag van ons lewens. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
““The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Verhuising. Ons het verhuis vanaf die Wes Kaap na die Vrystaat en ons loof en prys die Here vir Sy goedheid en guns en dat alles voorspoedig afgeloop het. Al die Ere aan Hom alleen.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.
Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.
Lesotho. Ons kyk na opsies om opleiding seminare in Lesotho te begin. Bid vir oop deure en gunstige netwerke.
Maledive. Dié eilandnasie, wat bekend is vir sy natuurlike skoonheid, verklaar homself 100% Moslem en diegene wat Islam verlaat, moet hul geloof geheim hou. Bid vir hulle beskerming en vrede. Die Maledive is #18 op die Wêreldwaarnemingslys. Bid dat vanjaar die jaar sal wees wat geheime Maledive-gelowiges toegang tot die Bybel in hul taal, Dhivehi, sal kry en die hart van God en Sy beloftes sal ontdek. Bid by naam vir die land se nuwe president, Mohamed Muizzu. Tydens die verkiesing het hy ondersteuning van konserwatiewe Islamitiese groepe gesoek. Bid teen vooroordeel en dat Muizzu vryheid vir godsdienstige minderhede sal aanmoedig. Bid dat Christene, veral nuwe bekeerlinge tot dié geloof, in die Maledive bemoedig sal word, wetende dat hulle deel is van ʼn wêreldwye familie wat aan hulle dink en vir hul beskerming en deursettingsvermoë bid.
Mianmar.Bid vir veiligheid en krag saam met Cho*, ʼn Geopende Deure-vennoot wat dikwels tien tot twaalf ure op ʼn motorfiets reis om aan gelowiges te bedien, soms op gevaarlike paaie en in stortreën..Bid vir sy beskerming en deursettingsvermoë. Cho kom elke kilometer rmilitêre of rebelle-kontrolepunte teë, wat bewys dat Mianmar steeds burgeroorlog ervaar. Die kontrolepunte word meesta ldeur jong mans met gewere beman, wat skaars 16 is. Bid dat dié wagte hom gunstig sal ontvang. Julle gebede is ons beskerming en gee ons deursettings vermoe om voort te gaan en ons voel julle teenwoordigheid aan,”sê Cho, wat ʼn houer met opleidingsmateriaal op sy rug dra Bid dat broer Cho veerkragtig en standvastig in sy geloof sal bly. Bid vir sy beskerming en deursettingsvermoë.
Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
De Villiers Street, Winburg. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
コメント