top of page
100_8825.JPG

Februarie 2022. Nuusbrief en Terugvoer.

Beste Geestelike Familie en Ondersteuners.

 

“Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” 1 Joh.4:4.

 

Die eerste maand van 2022 is haas verby. Ons bedien nou op 'n heeltemal nuwe manier omrede daar nie gereis kan word nie en gebruik sosiale media, die internet en Zoom.

 

Sedert Desember het ons probleme met ons sending voertuig ondervind. Daar is groot herstelwerk gedoen. Daar is eers gekyk na die goedkoopste opsies om te herstel en volgense statistieke is die leeftyd van die betrokke enjin 15 jaar of 300 000km. Ons voertuig se enjin is 26 jaar en 340 000km, en het dus uitstekende diens gelewer. Daar is met die werkswinkel gekonsulteer oor regmaak of vervang en is aanbeveel dat ‘n NUWE enjin ingesit moet word. Die totale kostes, enjin, arbeid, ander parte was R33073 waarvan Vader alles voorsien het! Ons loof en prys God vir Sy Goedheid en Guns.

 

Xavier is in Mosambiek besig op Juvulane waar ‘n nuwe bediening gevestig is, hy het ook die terroriste geteisterde Cabo Delgado besoek om intersessie te doen en is besig met opleiding in Xai-Xai. Anastancio verbou groente vir die gemeenskap op Guija. Geoffrey in Malawi reik uit en bied opleiding aan in Tanzania. Alex in Kenya bied opleiding aan in sy voltooide kerk. Fred in Zambia het ‘n baie geseënde fietsklub vir die jeug begin wat van krag tot krag gaan.

 

Op sending gebied ervaar ons seën en uitbreiding maar op finansiële gebied ervaar ons geweldige uitdagings en bly dit daaglikse knieë werk. Bid dat mense ons nie sal vergeet nie want ons is 99% afhanklik van donasies. Maar die uitdaging is om God in die hier en nou te beleef, ook ten tye van swaarkry en van Hom bewus te raak en Hom te dien. God is hier, God is vir ons, God is naby in elke oomblik van elke dag nou en ook in die komende maande wat voorlê.

 

Dis dan ons storie vir nou.

Dankie as jy tot hiertoe gelees het... en onderneem om ook gereeld vir ons en wat ons doen te bid. Soos ’n Paulus maak ons beslis staat op jou gebede.

Ef. 6:19 “Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.”

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
  • Instagram

Sending Terugvoer 2021

Goeie dag aan ons geestelike familie.

 

Ek skryf sommerso ’n persoonlike boodskap aan jou, wat deel is van die Change a Nation, Deo Volente Sending en Gebednet-familie, om te laat weet hoe dit met ons en die bediening in hierdie onstuimige tye gaan.

 

Met my en Esther gaan dit baie goed ten spyte van gesondheids-uitdagings. Ons is baie gelukkig om saam ons droom te mag leef en só ’n verskil in ander se lewens te maak. Ons eer God hiervoor.

 

Ek moet erken dat die nuwe digitale, internet en sosiale groepe bediening nogal baie amps trek, maar ek het vir God gesê as Hy die insig en visie gegee het, sal ons dit doen. Dis ’n groot voorreg om só God se Woord op hierdie platforms te bring in die tye wat buitelandse reise bietjie geslote is vir ons. Die Covid Relief Fund-Humanity Aid projek “drain” mens ook geweldig weens die nood in die plaaslike gemeenskappe en poog ons maar waar ons kan om mense te help met kos, lugtyd en koopkrag elektrisiteit en daardeur ook 'n aanknoping punt vir die evangelie.

 

Met die kinders gaan dit ook goed. Ons jonste kleinseun is al 2 en die twee kleindogters beide 8 en vorder hulle werklik goed.  Simeon en Joshua het elkeen 'n “Level-1” noodhulp kursus deurloop.

 

Afrika Terugvoer:

 

Die koordineerders in Malawi, Mosambiek, Kenya, Zimbabwe en Zambia rapporteer net positiewe groei. Ons kan by die lande ook byvoeg, Malawi-Tanzania en Kenya-Uganda omrede die Geoffrey en Moses van Malawi voltyds uitreik na Tanzania en Alex en Samuel van Kenya na Uganda. 58 Leiers het ook in Junie gradeer en die BCC Diploma kursus seksesvol voltooi. Die Afrika Bediening gaan net van krag tot krag.

 

Baie dankie aan almal wat dit finansieel vir ons moontlik maak om God se Woord en opleiding op al die platforms te bring. Sonder julle gebede en ondersteuning kan ons nie. Hierdie maand is 'n behoorlike knieë maand omrede alle “recources” baie laag lê.

 

Shalom-Groete.

 
 

 

 

 
 

 

 

bottom of page